Olga Tokarczuk

Olga Tokarczuk
Olga Tokarczuk in 2018
Gebore
Olga Nawoja Tokarczuk

29 Januarie 1962
NasionaliteitVlag van Pole Pole
BeroepRomanskrywer, sielkundige
Bekend virPrawiek i inne czasy,
Dom dzienny, dom nocny,
Gra na wielu bębenkach,
Bieguni,
Księgi Jakubowe
Handtekening

Olga Nawoja Tokarczuk [ɔlga tɔˈkart͡ʂuk] (* 29 Januarie 1962 in Sulechów naby Zielona Góra, Pole) is 'n Poolse sielkundige en skryfster.

Olga Tokarczuk is een van die meesgelese moderne skrywers van die Poolse literatuur beskou. Haar werk het aanklank gevind by sowel kritici asook die leserspubliek en is in die meeste wêreldtale vertaal. Haar romandebuut Podróż ludzi Księgi («Die Reis van die Boekmense»), wat in 1993 verskyn het, is deur die Vereniging van Poolse Uitgewerye as die beste prosadebuut van 1992/93 aangewys. In 2019 is die Nobelprys vir Letterkunde van 2018 aan haar toegeken.

Naas romans het ook kortverhale, essays, reisverhale en liriek uit haar pen gekom. In haar werke, wat nie maklik volgens enige spesifieke genre gekategoriseer kan word nie, verbind Tokarczuk dikwels fantastiese met historiese elemente.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search